Volgende groot oorlog sal anders wees

Die Verenigde State van Amerika se nuwe Minister van Verdediging, Lloyd Austin, het gewaarsku teen die opkomende kuber- en ruimte bedreigings wat in modern oorlogvoering gebruik sal word.

Dit kan nou reeds gesê word dat so ʼn oorlog veel groter gaan wees as wat die wêreld tot nou geken het, sê die minister.

Die opmerkings is gemaak te midde van die kommerwekkende verskynsel van ʼn opkomende militêre mag wat in Sjina ontwikkel, en wat gepaard gaan met ʼn program van ruimtevaart ontwikkeling.

Intussen is bekend gemaak dat die Verenigde State suksesvol was met die lanseer van sy hoë-tegniese X-37B hommeltuig wat hoogs gesofistikeerde en geklassifiseerde toerusting in die ruimte neem.

Die minister het ʼn beroep op die Verdedigingsmag en wetenskaplikes gedoen om met ʼn nuwe visie die land se verdedigings toerusting te benader om op die voorpunt te bly met wapen ontwikkeling.