Virus: Indiese variant versprei vinnig

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) sê dat ʼn databasis van nasies en lande regoor die wêreld toon dat daar by talle reeds gevind is dat die Indiese variant van die koronavirus teenwoordig is.

Die Indiese virus, bekend as die B.1.617 variant van die koronavirus is reeds in 44 lande van die wêreld gevind, en kenners reken dit kan veel hoër wees aangesien daar lande is wat nie oor die toerusting beskik om die toetse daarvoor te doen nie.

Intussen het Kanada verklaar dat hy die gebruik van die AstraZeneca entstof gestaak het weens die ondoeltreffendheid daarvan teen sekere variante van die virus.

Die Indiese variant is een van verskeie variante wat reeds geïdentifiseer is regoor die wêreld, en wetenskaplikes waarsku dat die variante veel vinniger oorgedra word wat verspreiding baie vinniger laat plaasvind. Entstof is ook nie altyd doeltreffend teen variante nie, maar die vervaardigers doen reeds geruime tyd navorsing om te bepaal of daar variante is wat nie met die huidige soorte entstof geïmmuniseer kan word nie.