Verdwaalde proteïne veroorsaak sterfte

Die wetenskaplikes het naarstigtelik begin soek na die redes waarom enkele mense uit miljoene wat met koronavirus entstof geïmmuniseer is, bloedklonte kry en sommige selfs sterf.

ʼn Duitse wetenskaplike sê hy het die oorsaak gevind, en meen dit is verdwaalde proteïne en preserveermiddels wat hy in AstraZeneca entstof gevind het wat die bloedklont veroorsaak.

Prof. Greinacher en sy span het sowat 1,000 proteïne in AstraZeneca gevind, en is tans besig om Johnson & Johnson entstof te ondersoek.

Prof. Kelton van Kanada het etlike dae later bevestig dat hy met die Duitse wetenskaplike saamstem, en dat die ingewikkelde stelsel in die menslike liggaam die seldsame verskynsel van bloedklonte anders verwerk as wat normaalweg moes gebeur.