Venezuela: Anti-regering koerant gestop

Die algemene bestuurder van die koerant wat skerp kritiek lewer teen die Nicolas Maduro bewind van Venezuela is deur die polisie gestop.

Dit is die laaste oorblywende koerant in Venezuela wat met die moed van oortuiging, teen die regering gekant was, maar dit is nou deur die polisie beëindig.

Die bestuurder het gesê die optrede van die polisie is nog ʼn aanval op demokrasie, en alhoewel die koerant, El Nacional (Nasionalis) gestop is om voort te gaan, sal daar waarskynlik nuwe metodes via die sosiale netwerk en internet gevind word.

Ingeligte bronne in die land sê dit is die laaste deel van pers vryheid wat nou vernietig is, veral omdat die koerant se webblad gereeld deur die owerheid gesensor word.

Die polisie het ook beslag gelê op die hoofkantoor van die koerant, nadat die koerant nie daarin kon slaag om sy $11 miljoen boete verpligtinge kon nakom nie.

Die hoofrede waarom die polisie die koerant gestop het, is nadat ʼn berig in ʼn Spaanse koerant ook in El Nasionalis geplaas is waarin beweer word dat die regering en president van Venezuela betrokke is by dwelm smokkelary.