Vakbond: Suid-Afrika sonder kraanwater

Suid-Afrika kan verwag dat daar groot dele in die land gaan wees wat sonder ʼn druppel kraanwater gaan wees – en dit omdat die regering nie geld het vir verhoging van salarisse nie.

Dit is die standpunt van die SA Munisipale Werkers Unie (Samwu) wat reken dat hulle ʼn staking sal begin by die Rand Water wat sal begin op 13 Mei vanjaar.

Rand Water is in beheer van water voorsiening aan munisipaliteite in Sentraal Transvaal (Gauteng), Wes Transvaal en Vrystaat asook in Oos-Transvaal.

Die vakbond dreig die regering dat die provinsies sonder water kan wees as verhogings van 0% van toepassing gaan wees.

Die vakbonde sê die Rand Water het ook voorwaardes en werkindeling verander sonder om te konsulteer, wat dit geregverdig maak om te staak.

Die vakbond sê die moontlikheid bestaan dat inwoners van die provinsies sal hulle hoop moet vestig op reënwater, want kraanwater sal nie gelewer word voor ooreenkoms met die regering beklink is nie.