Twaalf Miljard Rand Sonkrag-plaas kom

Absa is aangewys as die leier as senior lener en voorsiener van multi-miljard Rand kontrak vir ʼn Sonkrag Kragstasie in die Noord-Kaap.

Die Bank sê in ʼn verklaring dat die 100MW projek van R11,6 miljard sal ontwikkel word deur ACWA Power of Saoedi Arabië en is deel van Suid-Afrika se skoon energie van die Onafhanklike Krag Produksie Program.

Die reuse sonkrag kragstasie sal sowat 30 kilometer ten ooste van Postmasburg opgerig word, en sal na verwagting krag voorsien aan sowat 200,000 woonhuise.

Oprigting sal ongeveer 3 jaar duur om te voltooi, en sal werk verskaf vir meer as 2,000 mense.

Die projek sal ook aansienlike verligting bied aan die nasionale krag voorsiener, Eskom, wat maar nie daarin slaag om aan al die behoeftes te voorsien nie.