Turkye se skip lewer krag aan SA

Die ooreenkoms is blykbaar gefinaliseer met die Turkse maatskappy,  Karpowership, wat voor anker sal lê teen die kus van Suid-Afrika vanwaar dit elektrisiteit sal verskaf via die Eskom netwerk.

Die ooreenkoms wat aangegaan is met ʼn R255 miljard kontrak, word egter deur ʼn ander instansie wat ook getender het, daarvan beskuldig dat korrupsie weer die beslissing laat val het op die Turkse skip.

Minister Gwende Mantashe en ander senior regerings amptenare staan midde in die toekenning van die kontrak, en het die aantyging van korrupsie verwerp.

Ingeligte bronne sê die R255 miljard kontrak gaan Suid-Afrika nog verder die finansiële afgrond in forseer, en beskuldigings is gemaak dat die reuse bedrag eerder vroeër beskikbaar gestel moes word vir die oprigting van alternatiewe kragsentrales, waarvan reuse sonpaneel plase deel kan uitmaak.