Turkse veiligheidsmagte vang IS leier

ʼn Afghaanse burger wat die kodenaam Basim het, en wat na bewering die leier van die Islamitiese Staat terroriste is, word aangehou na arrestasie deur Turkse magte.

Die Islamitiese Staat (IS) is steeds bedrywig in Sirie en by die grens met Turkye, sowel as in die Irak omgewing.

Die IS leier is in Turkye deur die polisie aangekeer volgens ʼn verklaring wat Sondag uitgereik is.

Basim word gesien as die regterhand wat die wraak geneem het met die dood van  ʼn vorige IS-leier.

Die terroris is in Istanboel, en oplettende polisiebeamptes het hom geïdentifiseer en kort daarna gearresteer. Die man het  ʼn vervalste paspoort en ander reisdokumente in sy besit gehad, en word glo in ʼn tronksel aangehou om later verhoor te word.