Tornado tref Sjinese stad

Die Sjinese stad Wuhan en die naby geleë dorp Shengze is deur ʼn verwoestende tornado getref, en voorlopige inligting lui dat minstens tien mense gedood is.

Meer as 220 mense het ernstige beserings opgedoen en talle noodhulp werkers moes van elders kom om die chaos te herstel.

Die jongste berigte lui dat ʼn groot aantal woonhuise, woonstelblokke en ander geboue so beskadig is dat dit onherstelbaar is.

Minstens 27 huise is onherstelbaar beskadig en meer as 130 ander is erg beskadig.

Bome en kragtoevoer het ook in die slag gebly en talle strate en paaie is onbegaanbaar en moet eers skoon gemaak word.

ʼn Tweede tornado het die dorp Shengze getref waar vier mense gedood is en een persoon vermis word, maar die aantal beseerdes kon nog nie vasgestel word nie.