SpaceX doen suksesvolle lansering

Elon Musk, die Suid-Afrikaans gebore ruimtetegnoloog en miljarder het weereens sukses bereik met die lansering van sy SpaceX en daarna die landing van SN 15 nadat die eerste pogings nie suksesvol was weens ʼn tegniese fout in die stelsel wat ontploffings veroorsaak het.

SpaceX het egter sy vlagskip, bekend as “Starship”, prototipe vanuit ʼn basis in Texas suksesvol gelanseer.

Kommentator John Insprucker, het die suksesvolle operasie breedvoerig oorgedra aan die kykers tot die “Starship” geland het.

Die jongste weergawe van die SpaceX vleklose staal vuurpyl, die SN15, het oor 10 km oor die Golf van Meksiko getrek voor dit horisontaal neergekom het  na ʼn ses minute vlug. Dit het omgeskakel na n vertikale posisie net voor dit geland het.

N Ligte brand het op die 50-meter hoee vuurpyl ontstaan na die landing maar tegniese personeel het verduidelik dat dit van geen noemenswaardige belang is nie en geen skade kon veroorsaak nie.