Skok verkiesing uitslag vir Arbeiders

Die Konserwatiewe Party van Eerste Minister Boris Johnson van Brittanje het die linkse Arbeiders Party ʼn loesing toegedien wat deur niemand voorsien is nie.

Deur die Hartlepool parlementêre setel te wen, terwyl dit oor dekades ʼn tradisionele Arbeiders Party gebied is, het die skrif aan die muur vir die linkses.

Die verkiesingsuitslae neem langer as gewoonlik as gevolg van die pandemie wat nog ʼn invloed het op die arbeidsmag wat normaalweg met die tel van stemme gemoeid is.

Die merkwaardige van die tussenverkiesing se uitslag is dat die setel nog nooit in die geskiedenis van Britse politiek aan die Konserwatiewe Party behoort het nie. Die kiesafdeling is in 1974 as bykomende setel tot die Britse parlement gevestig, en was sedert die tyd die vesting van die Arbeiders Party.

Die swaai na die Konserwatiewe Party word deur kenners in Brittanje beskou as die grootste swaai sedert die Tweede Wêreldoorlog van die jare 1945, en die oorwinning van Jill Mortimer het 15,529 stemme getrek teenoor die Arbeiders se 8.589 stemme.

Dit is ʼn aanduiding dat Premier Johnson en sy regering iets doen wat reg is, word gesê.