Sjinese vuurpyl oorskot nie gevaarlik

Die reuse vuurpyl wat Sjina lanseer het, se terugkoms na die aarde hou geen gevaar in vir enige iemand nie, en wetenskaplikes sê die vuurpyl sal uitgebrand wees voor dit die aarde se oppervlakte bereik.

Die vuurpyl het gedurende die naweek teruggeval na die aarde, maar is uitgebrand met die binnekoms van die atmosfeer.

Aanvanklik is ernstige kommer uitgespreek oor die Sjinese se klaarblyklike onvermoë om die terugkeer van die vuurpyl te beheer soos wat die ruimte tegnoloog, Elon Musk, dit beheer met sy ruimtetuie.

Wetenskaplikes in die ruimtevaart sê egter die Sjinese is nie korrek met hulle versekering nie, want die vuurpyl brand nie uit dat daar niks oorbly nie, en dit is juis daardie oorblyfsels wat ʼn gevaar vir aardbewoners inhou.

Militêre deskundiges in die VSA sê ook die onbeheerbare terugkom van die vuurpyl is gemoniteer deur die VSA se “Space Command” om seker te maak dat dit nie op Amerikaanse gebied neerstort nie.

Die VSA sê die presiese plek waar die oorblyfsels gaan neestort, kan nie vooraf bepaal word nie, en word eers enkele ure voor dit die aarde tref, bepaal. Dit is die gevaar, want dit kan te laat besef word dat die stukke wat nie uitgebrand het nie, ʼn bewoonde gebied kan tref.