Sjinese aanwas laagste in dekade

Die eerste sensus opname in 10 jaar het weerspieël dat die Sjinese bevolking ook besig is om te verouder, en dat aansienlik minder geboortes geregistreer is.

Die koste van woonplek is klaarblyklik die grootste faktor waarom die geboortes verminder, en dit is ook gevind dat verstedeliking ʼn beduidende rol vervul daarvoor.

Oor die afgelope 10 jaar het die bevolking se aanwas met 5,4% gegroei volgens die jongste sensus opname se besonderhede wat gepubliseer is deur die land se Nasionale Buro vir Statistieke.

Dit is die eerste sensus opname wat hoofsaaklik 4 aanlyn operasie was, en die aanwas word bestempel as die laagste sedert 1960.

Wat egter skrikwekkend is, is die feit dat die Sjinese bevolking te midde van die laer geboorte syfers, wel nog in die afgelope 10 jaar met 72 miljoen toegeneem het tot ʼn totale bevolking van 1,41 miljard mense.

In 2020 is meer as 12 miljoen kinders gebore, maar dit is ʼn 20% afname teenoor die 14,6 miljoen geboortes in 2019.