Sjina staak onderhandeling met Australië

Die regering in Beijing het die handel gesprekke met Australië gestaak wat laas in 2017 plaasgevind het, as deel van die een-vir-jou-en-een-vir-my strafmaatreëls wat letterlik aanmekaar “uitgeruil” word.

Australië het in reaksie op Sjina se aankondiging gesê die besluit is teleurstellend, en die Sjinese het reeds hoër tariewe ingestel op goedere afkomstig uit Australië wat minstens 12 nywerhede direk raak.

Die optrede van Sjina kom te midde van die stram verhouding tussen die twee lande wat die afgelope maande versleg het sedert Australië gevra het vir ʼn ondersoek in die ontstaan en nagevolge van die koronavirus.

In die afgelope maande het Australiese regerings instansies en senior beamptes ʼn reeks maatreëls getref om handel en normale samewerking met Sjinese instansies te ontwrig, waarna die spanning toegeneem het en ʼn nuwe “Koue Oorlog” begin is.

Sjina was tot nou Australië se grootste handelsvennoot, maar dit is duidelik dat Australië die situasie wil verander, wat ook ernstige gevolge van Beijing kan beteken.