Sjina beskuldig van Moslem onderdrukking

Moslem kamp

Westerse lidlande van die Verenigde Nasies (VN) het tydens ʼn virtuele vergadering skerp kritiek uitgespreek teen Sjina se onderdrukking en diskriminasie teen ʼn Moslem minderheid in die land.

Die beskuldiging is gemaak dat Sjina krimineel optree teen die minderheidsgroep, maar Beijing het gewaarsku dat lidlande van die VN nie moet deelneem aan die sogenaamde “anti-Sjina” aanvalle ie.

Die menseregte groep sê die Moslems is geforseer om in kampe te woon wat met hoë mure en lemmetjiesdraad omhein is.

Die VSA, Duitsland en die Verenigde Koninkryk is onder die lande wat Sjina beskuldig van die misbruik van die Moslem minderheidsgroep in die Xinjiang gebied.

Sjinese diplomate het in privaat gesprekke met ander lidlande se verteenwoordigers gesê hulle moet wegbly van die aksie waarmee gepoog word om Sjina te beskuldig terwyl dit slegs “polities gemotiveerde anti-Sjina” beskuldigings is.

Die Westerse lande het gesê hulle sal voortgaan om in die VN vergaderings die Sjinese regering te beskuldig vir hulle kriminele optrede teen minderheidsgroepe is die Xinjiang gebied, end at dit nie sal eindig voor die volksmoord op die minderheidsgroepe gestaak word nie.

Barbara Woodward, die Britse verteenwoordiger in die VN het gesê die toestand in die Sjinese gebied is die ergste menseregte skendings van die hedendaagse gevalle.