SABC is nie sonder geld

Die Suid-Afrikaanse Uitsaai Korporasie, bekend as die SABC, het in die spervuur beland deur nie sy voormalige werkers hu;;e pakkette betyds te betaal nie.

Die gerug wat deur “City Press” gepubliseer is, het opslae veroorsaak, maar vakbonde wat die voormalige werknemers verteenwoordig, het glo gesê die pakkette was bedoel om vroeër in die jaar uitbetaal te word, en wil nou die saak vir die CCMA gee om te besleg.

Die nasionale uitsaaier sê egter die betaling van pakkette aan afgelegde personeel is aan die gang en die grootste deel van die 600 mense het reeds hulle geld gekry.

In ʼn verklaring sê die SABC hy kan bevestig dat die salarisse van sy werknemers betaal is en die proses om die personeel wat uittree, se pakkette is grotendeels betaal, maar die proses van uitbetaling duur voort.

Die SABC het ʼn kontant bestuur proses gevestig en verseker daarmee dat sy werknemers hulle salarisse ontvang, is gesê.