SA kry elektroniese bestuurslisensies

Die Bestuurslisensie Kaart Afdeling sê hulle maak goeie vordering met die daarstelling van ʼn moderne opgradering van die stelsel in voorbereiding van die bekendstelling van die land se elektroniese voertuig bestuurslisensie.

Die owerheid is glo in sy agentskap die instansie wat self die nuwe lisensie stelsel vir Suid-Afrika opstel en dit sal onder die Departement van Vervoer as ʼn handel entiteit funksioneer.

Die groep sê die hoof doel is om die sleutel prioriteit deur te voer van ʼn moderne “bestuurslisensie produksie omgewing”.

Dit sal glo insluit die aankoop van ʼn nuwe produksie masjien wat oor die vermoë beskik om meer moderne lisensies te druk en om bekend t stel dat n nuwe hoë kwaliteit en duursame lisensie kaart geproduseer sal word.

Verskeie meningsvormers het opgemerk dat enige iets anders beter sal wees as die huidige, uiters swak ontwerp van bestuurslisensie kaarte.

 Die keuse is beskikbaar om ʼn elektroniese (e-bestuurslisensie) te kry of ʼn kaart wat glo duursaam en beter is as die huidige swak ontwerpte kaart.