Russiese entstof ook een dosis

Rusland se Spoetnik V entstof teen die koronavirus is nou deur die land se Departement van Gesondheid goedgekeur vir ʼn enkel dosis.

Die bevinding is dat die entstof met een dosis minder doeltreffend is, maar dit voldoen aan die Wêreld Gesondheid Organisasie se vereistes.

Die Russiese aankondiging het opspraak verwek in Europese lande, en die Europese Unie is daarop ingestel om Duitsland se aanbevelings te oorweeg en van die entstof te bestel.

Met die nuwe inligting kan Spoetnik V entstof help om vinniger verligting te bring teen die wêreldwye pandemie wat nou reeds meer as 20 miljoen infeksies het, terwyl enkele lande soos Brasilië en Indië ook vinniger met meer entstof geholpe kan raak en hulle inentings veldtog vinniger laat vloei.

Die entstof is intussen “gedoop” na Spoetnik Light” en sal glo 79.4% effektief wees.

Die Russiese Direkte Beleggingsfonds wat help met finansiering van entstof sê die enkel dosis se 79,4% doeltreffendheid vergelyk goed met die 91,6% wat die dubbel dosis bied.