Rusland: Sewe kinders dood in skietery

Uit Moskou word berig dat 7 skoolkinders dood is en tientalle is gewond nadat ʼn tienderjarige seun met ʼn vuurwapen losgebrand het in ʼn skool in die Russiese stad Kazan.

Twee seuns is gesien toe hulle van die skool se derde vloer afgespring het om te ontsnap. Terwyl die twee probeer ontsnap, is geweerskote afgevuur wat op ʼn video vasgevang is.

Die skool bestuur het hulle skok en medelye teenoor ouers uitgespreek en gesê die voorval is met skok ontvang regoor Rusland.

“Die skool het sewe leerlinge verloor, vier seuns en drie dogters en 12 kinders is met ernstige wonde in die hospitaal opgeneem”, het die skool bestuurder gesê.

Enkele ure later is bekend gemaak dat die twee “terroriste” gevange geneem is, waarvan die een ʼn 19-jarige is wat glo as wapen eienaar geregistreer is.

Later het daar berigte in die media verskyn wat beweer dat 11 kinders gedood is, maar dit is deur die skool bestuur verwerp wat bevestig het dat sewe kinders doodgeskiet is.