Rooibos boere onder druk

Van ‘n prys van R67 per kg in 2018 vir Rooibos het die prys drasties gedaal tot ongeveer R 18 per kg vir die huidige oesjaar.  Volgens boere in die Wes Kaap  is hul sny/oes koste bykans R 20 per kg wat die lewering van tee nie die moeite werd maak nie. Beskuldigings van prys vasstelling doen nou die omloop en die groot verskaffers van Rooibos word nou by name genoem.  In sekere gedeeltes van die Wes Kaap word Rooibos lande nou ontbos en word daar oorgegaan na Sitrus verbouing,.

Hierdie tendens vind ook plaas in die wynbedryf . Druiwe plase in die Robinson/Clanwilliam  omgewing word nou omskep in sitrus plase waar duisende sitrus bome gevestig word.