Rome: Groot planne vir Colosseum

Planne vir die bou van nuwe dele by die wêreldberoemde Colosseum het in Italië begin en buigbare hout ontwerp wat beoog word, gaan die besoekers ʼn kykie gee in die verlede van Romeinse tydperk wat nog nooit tevore gesien is nie.

Lank na dit verwyder is, gaan die Colosseum weer ʼn vloer kry en gaan die arena se vloer, wat met hout gemaak word, weer nuwe lewe in bring in die besienswaardige plek.

Dit gaan besoekers die geleentheid bied om die 2,000 jaar oue struktuur van punte te aanskou wat tot hede nie moontlik was nie, en sal die kant waar die stiergevegte plaasgevind het, gesien kan word.

Die Minister van Kultuursake het die naweek die aankondiging gemaak en bygevoeg dat die reuse projek in 2023 voltooi sal weer.

Die hout gemaakte “verhoog” sal deur kenners gebou word om die oorspronklike vloer na te boots, en verskillende ingenieurs sal gemoeid wees met die onderneming.

Die meer as 3,000 vierkante meter oppervlakte sal die huidige kaal oppervlakte oordek om die oorblywende mure van die struktuur te bedek wat tonnels was, sodat dit ook besigtig kan word.

Die nuwe “verhoog” sal ook van lig gewig  material wees en buigbaar wees om aan te pas by die ou mure se struktuur.