Regering mik na Nasionale Gesondheid Plan

 Die Raad op Mediese Skemas sê die regering se plan om ʼn Nasionale Gesondheid Versekering te begin, is aan die gang en die plan is reeds gemaak om fase 3 van die program volgende jaar in te stel.

Die Raad op Mediese Skemas sê die 2021-2022 jaar se ontwikkeling van die Plan is op pad na fase 3 wat sal insluit dat ʼn mandaat vooraf-betaal stelsel van die nuwe skema wat ook kontrakte van geakkrediteerde privaat hospitale en spesialis dienste sal insluit. Dit beteken dat die finalisering en implementering van die Nasionale Gesondheid Versekering Wet van krag sal word.

Die voorgestelde wetsontwerp is reeds in 2019 deur die kabinet aanvaar en goedgekeur en aan die parlementere gesondheid komitee voorgehou.

 Daarna is dit glo aan die openbare “konsultasie” proses onderwerp en geskeduleer om parlementêr gedebatteer te word om daarna deur die president van die land afgekondig te word. Dit sal glo in 2022 gefinaliseer word, is gesê.