Ramaphosa seevier oor Magashule

Ace Magashule, die geskorste Sekretaris-Generaal van die ANC het die stryd teen die president van die party verloor – en die val was groter as wat hy gedink het dit sal wees.

Dit was vir Ace erg om te hoor dat hy geskors is as Sekretaris-Generaal, en wil appelleer teen die beslissing, maar almal weet die appèlsaak sal dieselfde uitspraak lewer.

Dit was egter vernietigend toe President Ramaphosa toe nog ʼn tree verder trap en sorg dat die Uitvoerende Komitee ook optree en Ace skors uit die komitee, en toe beveel word om die land en die president om verskoning te vra vir sy optrede.

Magashule is verkwalik dat hy hom kon aanmatig om op sy eie, en alleen, besluit dat die president ook geskors is.

Die indruk word gelaat dat Ace Magashule mettertyd weer iewers ʼn pos sal beklee, maar dat die veel minder in senioriteit sal wees as waaraan hy tot nou gewoond was.

Intussen het hy verklaar dat hy nie sal verskoning vra vir sy bedenklike optrede nie, wat sy kanse glo verswak om weer ʼn stewige pos iewers los te slaan, word gesê.

Ingeligte bronne sê Magashule kan meer ernstige optrede teen hom verwag indien hy nie binne die gestelde tyd sy verkoning in die openbaar aanbied nie.