Ramaphosa se strategie

Wie nie leer uit die geskiedenis nie, is gedoem om die foute te herhaal …

Ramaphosa se baas-skap oor SA was in 2017 ʼn taktiese terugtrek na die OPENBARE debakels van die Zuma-jare.

Die dialoog fokus besonder sterk op die Mandela-reënboog, hernieude “nasionale gesprek” (a-la KODESA) en die party-mantra is “ruim die Zuma korrupsie op”.

Ooglopend word opgetree teen enkele individue. (met geheime goue handdrukke?)

Die liberale pers doen hulle deel met disinformasie.

Insiggewende aankondigings dat die SAID sogenaamd gaan optree teen ALLE ontduikers word aan die groot klok gehang.

Maar dan kom die besonderhede stukgewys na vore:

Ringkoppe wat geskors word, dring aan op regs-hersiening van regmatige skorsing.

            Insiggewend word net Ramaphosa opponente geteiken.

            Oor Ramaphosa se eie korrupsie word weinig in die openbaar gesê.

           Die taxi-bedryf word uiteindelik ontbloot vir die belasting-rowers wat hulle is …

            Maar dan meld Mboweni dat “vrywillige voldoening” is die sleutel vir diesulkes.

Die ooglopend dubbel standaarde is egter niks nuut nie.

Die ANC-korrupsie masjien was gebou sedert die jare negentig – in die skadu’s deur Ramaphosa en ander kaders, onder die waaksame oog van Nelson Mandela.

In die Mandela-Mbeki jare was die land gestroop met die wapenskandaal …

Die verskil was dat Zuma se korrupsie té openlik geraak het, té blatant …

En weens die ongekende omvang van faksionele kader-ontplooiing, het die Zuma-jare die omvang van staatsdiens- en staats maatskappy korrupsie tot bykans 100% van rolspelers verbreed, met bandelose plunder van duisende miljarde.

Ramaphosa se rol is – soos tydens die politieke KODESA – tweeledig:

Oëverblindery om die liberale nuttige idiote aan’t stem te hou, hand-aan-hand met die liberale media.

Herbou van die ANC-plunder masjienerie in die agtergrond, net soos Mandela en kie deur hulle “derde mag” doo den verwoesting gesaai het voor 1994.

Waarop kan hierdie stellings gegrond word?

Sedert 2018 is lojaliste aangestel, maar weinig korrupte voorbokke is daadwerklik, volledig verantwoordelik gehou.
Wie wel afgedank was, was politieke opponente, maar GEEN vervolgings vind plaas nie.  Geen van die geplunderde gelde word terug verhaal nie.

Kaders wat wel uit een pos ontslaan word, duik binne weke elders op.

Selfs gevestigde strukture word gruwelik misbruik, en openlike leuens is aan die orde van die dag.

Waarom is die vakbonde betreklik kalm oor “begrote besparings” – moontlik omdat die Alliansie vennote weet verhogings gaan betaal word?

Net soos SAL (en ander geheime?) reddingsboeie onverpoosd betaal word …

Soos Mandela ANC terreur na 1990 verskerp het, maar ook verdoesel het, gaan Ramaphosa die belastingbetaler, ons pensioene en ander bates plunder en laat plunder! 

Dieselfde sakesektor wat Mandela in die jare negentig gesteun het, sal Ramaphosa in komende jare steun …

Want elke krisis in SA het een oorsaak: ANC-regering

ANC-regering in misdadige sameswering met ander politieke partye, wat na dekades steeds toekyk, en steeds saam skep uit die belastingbetaler se sak.

En hierdie laaste punt is belangrik om te leer:

Om nou politieke en geldelike munt te slaan uit die “oplossings”, spreek meer van die oneerbaarheid van die hele struktuur.

Die massa stemvee, met hulle kultuur van haat, gebou op luiheid en gemaksug, is tevrede, want om in luiheid te krepeer met die minimum, is minder moeite as hulle self deur harde, eerlike werk te verbeter.

Die bemagtigende kanker van party politiek en vals demokrasie, gebou op die selfvernietigende lewensbeskouings van die liberale humanisme moet beveg word!

Christelik teonomiese strukture is die enigste oplossing, gebou op ‘n Christelike lewensbeskouing, met die einddoel van volkseie self-beskikking.