Polisie beskerm Ramaphosa se plaas

Op die Sosiale Netwerk is ʼn video vrygestel van ʼn swartman wat beweer dat hy die plaas van president Cyril Ramaphosa in Limpopo besoek het, maar deur die polisie verbied is om die plaas binne te gaan.

Die man, wat sy naam en selfs sy telefoon nommer bekend  gemaak het, sê dit is onregverdig dat die staat polisie betaal, maar dat hulle die president se plaas  moet beskerm teen moontlike misdadigers.

Wye reaksie is met die video ontlok, en in gesprekke is kommer uitgespreek dat die president skuldig mag wees aan korrupsie deur sulke optrede van die polisie toe te laat.

Daar bestaan die vermoede dat die president sal ontken dat hy bewus is van sodanige polisie beskerming op sy plaas, en word daar nou ernstige vrae gevra of die ANC se Sekretaris-generaal nie moontlik reg is as hy die president beskuldig van korrupsie nie.