Nuwe entstof teen malaria getoets

Die eerste keer dat ʼn entstof teen malaria waarskynlik sal voldoen aan die vereistes van die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO), is nou onderwerp aan toetse.

 Malaria is verantwoordelik vir die dood van honderde duisende minderjarige kinders elke jaar, maar nou word ʼn nuwe entstof teen malaria getoets, en die eerste resultate is, volgens wetenskaplikes, baie bemoedigend.

Burkina Faso, die Frans sprekende Afrikastaat ten noorde van Ghana, is die land waar die eerste toetse gedoen word weens die geweldige malaria plaag wat jaarliks baie mense se dood tot gevolg het.

In 2019 is meer as 400,000 m4nse in die land dood weens malaria, en die toetse wat nou gedoen word, lewer belowende resultate.

ʼn Wêreldbekende patoloë maatskappy het in sy tydskrif, “The Lanset” gepubliseer dat die  R21/Matrix-M entstof ʼn 77% doeltreffendheid oor 12 maande getoon het.

Die WGO het ʼn minimum vereiste van 75% doeltreffendheid gestel, wat nou vir die eerste keer bereik is met ʼn entstof teen malaria wat jaarliks so baie mense se dood tot gevolg het.

In ʼn verklaring is gesê die toetse is in ʼn baie vroee stadium, en nog baie toetse moet gedoen word onder kinders voordat finale goedkeuring toegestaan word.

Die entstof wat in die Verenigde Koninkryk ontwikkel is, word reeds beskou as die moontlike antwoord om grootskaalse sterftes teen te werk, en toetse gaan nou ook in ander Afrika lande gedoen word.