Nuwe Debiet opdrag stelsel in werking

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ʼn nuwe stelsel, bekend as DebiCheck in werking gestel vir die betalings wat met debiet opdragte gedoen word.

Die stap was glo nodig om die geweldige groot toename in bedrog met debiet opdrag betalings hok te slaan wat duisende kliënte in die afgelope tyd teiister.

Die verandering beteken dat alle nuwe en heringestelde debiet opdragte moet deur die proses van DebiCheck Stelsel gaan om te verseker dat dubbel seker gemaak word dat dit nie vervalste transaksies is nie.

ʼn Woordvoerder van Standard Bank het gesê die nuwe stelsel is ë veiligheids stelsel om te verseker dat debiet opdragte se betalings beveilig en kliënte se elektroniese kontrole uitvoer.

Die toename in debiet opdrag bedrog het veral die afgelope jaar skerp toegeneem, en banke het glo erge probleme ondervind met die betalings wat dikwels bedrog was wat nie gou opgespoor word nie, veral as kliënte dit eers na weke agterkom dat geld uit die rekening onttrek is wat nie wettig is nie.