Nuusflitse

Suid-Afrika

Onbevestigde berigte lui dat die regering in SA teruggedeins het en die lede van die ANC wat moet bedank uit hulle poste, verdere 10 dae grasie te gee om te bedank, waarna hulle geskors moet word. Die Sekretaris-generaal van die ANC het egter gesê hy weier om te bedank.

Duitsland

Die beroemde “Oktober Fees” wat jaarliks in Duitsland gehou word, is vir die tweede keer afgelas weens die pandemie, en sal tot die teleurstelling van derduisende mense, nie vanjaar gehou kan word nie.

Ebola virus

Die Ebola virus uitbreking in die Demokratiese Republiek van die Kongo is beëindig nadat 12 mense daarvan gesterf het. Die gevreesde en hoogs aansteeklike siekte se verspreiding kan gestop word met die nuwe entstof wat ontwikkel is.

Colombia

Minstens 17 mense het omgekom in Colombia tydens ʼn optog waar mense geprotesteer het teen die regering wat nuwe wetgewing vir belastings wou instel, maar moes vanweë die massa optogte afsien van die omstrede wetgewing.

VSA

Die FBI in Amerika het ʼn man doodgeskiet wat probeer het om die kantore van die CIA binne te gaan, en wou nie gehoor gee aan die waarskuwings om nie dit te doen nie, en het uiteindelik met sy lewe betaal vir sy daad.

G7 lande ontmoet

Die G7 lande het die week vir die eerste keer in ʼn jaar bymekaar gekom om dringende aangeleenthede te bespreek waarvan die staatsgreep deur militariste in Mianmar hoog op die sakelys is. Brittanje is ten gunste van veel sterker optrede teen die onwettige regering, maar Rusland en Sjina is redelik apaties oor die aangeleentheid.