Nuusflitse

Piet Retief

Die beskuldigdes in die sogenaamde Piet Retief moord, is Daniel Malan, Cornelius Greyling, Othard Klingberg, Michael Sternberg en Zenzele Yende, wat almal op borgtog vrygelaat is, sal later die maand weer in die hof verskyn.

Lugvaart

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se afdeling vir lae koste vlugte, Mango, het weer kans gekry om sy vlugte te hervat, en die SAL het aangekondig dat hsy direksie en bestuur weer beheer oorgeneem het nadat die redding praktisyn sy taak afgehandel het.

Onskuldig

Die Nasionale Vergadering se speaker, Thandi Modise, is deur die Potchefstroomse Streekshoof onskuldig bevind teen die klag dat haar diere op haar plaas onmenslike behandeling ondergaan het en talle gedood moes word. Die hof het haar onskuldig bevind omdat sy onbewus was van die toestand waarin die diere hulle bevind het.