Num beskuldig Eskom van afdreiging

Die National Union of Mineworkers (Num) vakbond het glo die afgelope week beskuldigings teen Eskom geslinger dat sou die kragvoorsiener mense bangpraat om daarmee te probeer verhoed dat hulle ten gunste van verhogings is.

Die opmerking is gemaak deur iemand wat beweer dat Eskom ook van mening is dat daar nie geld beskikbaar is vir verhogings nie, maar Num sê hy eis 15% vir sy werkers by Eskom.

Onderhandelings vir salaris aanpassings is geskeduleerd om op 4 Mei te begin, en tyd is ingeruim om tot 3 Junie 2021 te duur.

Die onderhandelings kan een van die moeilikste wees wat Eskom in jare gehad het, aangesien daar werklik nie veel fondse beskikbaar is nie.

Bewerings word gemaak dat mense wat verhogings kry, afgedank gaan word omdat die kragvoorsiener nie oor die middele beskik om verhogings te bied vir sy werkers nie.

Waarnemers is van mening dat te veel onbevestigde berigte tans die rondte doen, met die gevolg dat dit verdere spanning tussen die twee partye veroorsaak, en onderhandelings bemoeilik.