Nog misdaad klagtes teen Navalny

Die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, het vir die eerste keer in die openbaar verskyn nadat hy die eetstaking van drie weke gestop het op aandrang van sy geneesheer.

 Intussen het sy politieke werkspan gesê hulle is verplig om sekere streke in die land se kantore te sluit weens vervolging van ondersteuners.

Navalny moes egter deur middel van ʼn wettige verhoor wat per video plaasvind, aanhoor dat meer klagtes teen hom ingebring word.

Baie mense in Rusland sien Alexei Navalny as die belangrikste persoon om president Vladimir Poetin uit die kussings te lig met ʼn volgende verkiesing,

Maar word nou so vervolg dat daar bedenkinge is oor sy kanse om deel te neem aan die volgende verkiesing.

Later het sy verkiesing span gesê die verkiesingsveldtog is gestaak nadat die owerheid Navalny se organisasie as ekstremisties bestempel is, wat beteken dit kan verbode verklaar word.

Die verhoor in die appèlsaak oor sy vonnis van drie jaar tronkstraf wat in Februarie opgelê is, het nog nie uitspraak gelewer nie.