Nasionalistiese Skotte wen verkiesing

Die Skotse Nasionale Party van Nicola Sturgeon het in die pas afgelope verkiesing ʼn meerderheid in die parlement verkry, wat ʼn beduidende invloed uitoefen om die eis vir ʼn referendum vir onafhanklikheid versterk.

Die onverwagse oorwinning van Minister Sturgeon het die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, genoop om te begin beplan vir ʼn dringende gesprek met die Skotte om te probeer voorkom dat die streek onttrek uit die Verenigde Koninkryk.

Johnson het in sy eerste reaksie gesê “die land word die beste gedien as almal saamwerk”, maar die Skotte is vasbeslote om terug te keer as lid van die Europese Unie, en daarvoor het hulle nodig om as onafhanklike staat toe te tree.

Voorheen het die Skotte teen onafhanklikheid gestem, maar die terugkeer na die EU as lidland sal beteken dat Skotland wel onafhanklikheid bekom, en dit is net moontlik dat verskeie opposisie partye in ʼn tweede referendum ook ten gunste van onafhanklikheid sal stem.