NASA se Ingenuity helikopter suksesvol

Ingenuity, die eerste mensgemaakte vliegtuig wat op ʼn ander planeet vlieg, het vier suksesvolle kort vlugte op Mars gehad in die afgelope week.

Die tingerige 1.8 kilogram helikopter met sy gesofistikeerde toerusting aan boord, het vier van vyf probeerslae, suksesvol in die vreemde lugruim van Mars gevlieg en foto’s geneem.

Nasa het aangekondig dat sy Ingenuity helikopter  minstens ʼn bykomende maand op Mars sal wees op soek na tekens van mikrobiese lewe.

Die helikopter wat vanaf die aarde beheer kan word, is opgestel om toetsvlugte te onderneem vanaf Meimaand om sy ander maat, die vierwiel aangedrewe Perseverance te help.

Indien alles volgens plan verloop sal die helicopter se beplande tyd op Mars nog verder verleng word, en sal ʼn nuwe “operasie demonstrasie fase” begin om sy ander funksies te ondersteun, het Nasa se woordvoerder gesê.