Moody’s waarsku SA betyds

Die graderingsagentskap Moody’s sê dat die lae ekonomiese groei en die stygende skuldlas in Suid-Afrika laat spanning toeneem.

In ë verslag wat die week gepubliseer is, wys die graderingsagentskap daarop dat die land se krediet profiel is gebalanseer met sy lae vlak van buitelandse geldeenheid en sy skulde, is daar nog nie rooi ligte wat flikker nie.

Moody’s waarsku egter dat n aantal groeiende fiskale en indiensnemings aangeleenthede wat nie opgelos kom nie, kan lei tot groter probleme.

Swak groei in die ekonomie, en al hoe groter wordende skuldlas is egter die grootste bron van kommer wat Suid-Afrika nou sal moet aanspreek, het ekonome gesê.

Moody’s het egter besluit om nie hierdie maand enige wysigings aan te bring in SA se status nie, maar dit is duidelik dat die twee grootste probleme aangespreek moet word as daar nie volgende maand ʼn verdere afgradering vermy wil word.