Mianmar demokrate begin “Lente revolusie”

Minstens een persoon is dood in die noorde van Mianmar toe jeug lede met groot baniere waarop geskryf is “Ons kan nie geregeer word nie”, waarmee bedoel word dat die militêre Juta nie oor hulle sal regeer nie.

Meer mense het glo gesterf wat in ander dorpe en stede aan soortgelyke optogte deelgeneem het.

Die protes teen die staatsgreep duur nou reeds meer as drie maande, en daar is geen beduidenis dat dit gaan eindig nie, maar die militariste is klaarblyklik ook nie van plan om die demokrasie in die land te herstel nie.

 Die afgelope tyd het duisende mense wat gekant is teen die militere mag se staatsgreep dit na die strate gevat regoor die land, en die afgelope Sondag het hulle ʼn oproep gedoen vir die begin van ʼn “Lente Revolusie”.

Die merkwaardige is dat die militêre Juta tans in ʼn algehele minderheid is wat steun betref, en verskillende opposisiepartye gooi kragte saam teen die onwettige regeerders.