Meksiko: Treinbrug stort in duie

ʼn Treinbrug in Meksiko-Stad, die hoofstad van Meksiko, het in duie gestort net toe ʼn trein oor die brug beweeg het, en baie mense is dood of beseer.

Met die ineenstorting van die oorbrug het dit die snelweg geblokkeer wat onder die brug deurloop, en wat ook talle motor botsings veroorsaak het.

Die stad se Risiko Bestuur en Burgerlike Beskerming Agentskap sê minstens 13 mense het omgekom en meer as 70 mense het erge beserings opgedoen maar later is berig dat nog meer mense met beserings gevind is.

Beseerdes is inderhaas na verskillende hospitale in die stad geneem, wat die druk op gesondheidsdienste verder verhoog het terwyl die instellings reeds oorlaai is met pasiënte wat koronavirus infeksie opgedoen het.

Ingenieurs sê een van die ondersteunings pilare het ingegee wat die brug laat breek het net toe die bykomende gewig van die trein bygekom het.