Mboweni bewillig nog R4 miljard

Suid-Afrika het nog R4 miljard toegeken aan om koronavirus entstof te koop, waarvan ʼn deel van die bedrag beskikbaar sal wees aan duisende mense in die land wat spesiale gebreke het.

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het glo Dinsdag, 4 Mei, in ʼn spesiale toewysings regulasie die toedeling gemaak.

Die voorgestelde wet sal egter eers gedebatteer word met die Nasionale Tesourie tydens ʼn parlementere sitting van die betrokke komitee. R1,2 miljard sal toegedeel word aan die Departement van Gesondheid vir die aankoop van koronavirus entstof, en R2,8 miljard sal vir “sosiale ontwikkeling”  wees om as ongeskiktheid toelaes uitbetaal te word aan spesiale gevalle.

Intussen is die spesiale gratifikasie van R350 per maand aan werklose mense gestaak aan die einde van April vanjaar te midde van groot ontevredenheid onder werklose mense en vakbonde wat selfs eis dat die skema permanent ingestel moet word.