Massiewe groot woude herstel

Reenwoud

Die World Wide Fund (WWF) se span wetenskaplikes se jongste navorsings projek het getoon dat waar woude beskadig is deur brande en ander rampe, word dit op wonderbaarlike wyse besig om te herstel.

Die beskadigde bome herstel verbasend vinnig en beskik oor die vermoë om 5.9 giga-ton koolstofdioksied te absorbeer.

Die ontledings wat per satelliet data ontdek is, toon dat byna 59 miljoen hektaar woud regenereer het sedert die jaar 2000, van Mongolië tot in die suide van Brasilië se reënwoude.

Die wetenskaplikes het hulle verbasing, maar ook hulle blydskap te kenne gegee met die inligting van hoe die reënwoude besig is om te herstel van die skade wat veroorsaak is.

Die navorsers sê dit is opvallend dat waar mense afwesig was in beskadigde woude, weens die koronavirus pandemie, het die woude veel vinniger begin herstel.