Marine Le Pen wen opspraakwekkende saak

Marine Le Pen, die voormalige presidentskandidaat van die nasionaliste in Frankryk, wat die teiken geword het van liberaliste wat haar wil vervolg, het ʼn belangrike hofsaak wat teen haar gemaak is, gemaklik gewen.

Sy word bestempel as ver-regs, maar syself beskou haar as nasionalis, soos wat haar hele familie is, en huiwer nie om standpunt in te neem teen terrorisme en liberalisme nie.

Die Hooggeregshof het bevind dat Le Pen nie die wet oor haatspraak gebreek het met haar opmerking oor Islamiete nie.

Die liberale pers het saam met die vervolgers geskree dat Marine Le Pen haar skuldig gemaak het aan haatspraak toe sy op die sosiale netwerk te velde getrek het teen die Islamitiese en hul grusame optrede nie.

Tot hede het Marine Le Pen ʼn deurslaggewende rol vervul in die Franse politiek, en het sy die nasionaliste se ondersteuning geniet om die tweede sterkste politieke party te word tydens die vorige presidentsverkiesing.

Die hof het bevind dat sy nie haatspraak wette verbreek het deur die grusame terroriste aanvalle op onskuldige mense op die sosiale Netwerk tye plaas wat aandui hoe 130 mense om die lewe gebring is nie.