Lisensie word nie uitgeneem

Die Minister van Vervoer het sy kommer uitgespreek oor die groot aantal voertuie op paaie in Suid-Afrika wat sonder ʼn lisensie skyf op die voorruit is.

Hy sê die tweede bron van kommer is die baie voertuig bestuurders wat ook nie ʼn bestuurslisensie het nie. Baie het wel een, maar dit het reeds verval, terwyl ander hoegenaamd geen lisensie het nie.

Minister Fikile Mbalula wys daarop dat meer as 2,4 miljoen voertuig lisensie skyfies wat verval het tussen 26 Maart 2020 en 31 Augustus 2020, is 90% hernu.

ʼn Totaal van meer as 239,000 voertuie sonder ʼn lisensie skyf is op die owerheid se rekords en van meer as 4,8 miljoen lisensies wat verval tussen 30 September 2020 en 31 Januarie 2021 is honderde wat nie hernu is nie.

Saamgevat kan gesê word dat 7,1 miljoen voertuie wat hernu moet word tussen Maart 2020 en Januarie 2021, het bykans een miljoen voertuie nie die lisensie hernu nie.