Koning Goodwill se vrou vergiftig?

Onbevestigde berigte sirkuleer onder die Zoeloe volk dat die ontslape Koning Goodwill se vrou, Koningin Mantfombi Dlamini Zulu,wat onverwags oorlede is, moontlik vergiftig is.

Sy het glo onverwag begin sleg voel en siek geword, ok kort daarna te sterf, word beweer, alhoewel geen werklike feite beskikbaar was met die ter perse gaan van die berig nie.

Koningin Mantfombi Dlamini Zulu, het waargeneem as hoof van die Zoeloe volk na haar man oorlede is, en bewerings word gemaak dat daar elemente is wat nie haar gesag sou wou aanvaar nie.

Prins Mangosuthu Buthelezi wat die tradisionele eerste minister van die Zoeloe Koninklike Familie is, het ʼn onderhou gevoer kort voor die afsterwe van die Koningin, maar kon geen feitelike inligting van die oorsaak van haar dood verstrek nie.

Dit is onbekend of haar dood deur die gereg ondersoek gaan word, en of die gerugte wat onder die bevolking versprei is, wel die waarheid bevat.

Die 65-jarige Koningin Mantfombi Dlamini Zulu is ʼn boorling uit die koningshuis van Swaziland, en die “eerste vrou” van Koning Goodwill. Bewerings is gemaak dat sy die koningshuis in Swaziland besoek het, en kort na haar vertrek, sleg gevoel het en is later in ʼn hospitaal in Pretoria opgeneem waar sy oorlede is.