Koffie kan goed wees vir jou

Koffie kan goed wees vir die mens, en deur sowat ses koppies koffie per dag te drink, neem die liggaam genoeg kafeïen in wat goed is vir die hart en mag beskerm mense selfs teen sekere kankers, het wetenskaplikes bevind wat oor ʼn lang tydperk toetse gedoen het in Spanje.

 Navorsers van die Valencia Nutritional Study in Spanje het n groep van 1,567 vrywilligers, in die ouderdom hoër as 20 jaar, in ʼn tydperk van 18 jaar gebruik en bevind dat kaffeïen nie noodwendig nadelig is vir die liggaam nie.

Die navorsers het bevind dat die gebruik van ses koppies koffie per dag die risiko van kanker verlaag word. Koffie is ook goed vir die mens se lewer, en dit is reeds etlike jare gelede gevind dat koffie baie goed is vir die oë se sig.

Die wetenskaplikes waarsku egter dat matigheid die wagwoord moet wees, omdat te veel koffie nadelig kan wees.