Klein oorlog teen bende in Rio de Janeiro

Meer as 24 mense het gesneuwel in ʼn klein oorlog tussen die polisie van Brasilië en dwelmsmokkelaars toe ʼn polisie operasie uitgevoer is.

Die georganiseerde misdaad is die afgelope maande aan die toeneem in die stad, en polisie het die aanval uitgevoer wat tot ʼn klein oorlog ontwikkel het in die middel van die stad.

ʼn Polisie woordvoerder het later gesê dit is die ergste voorval waarby polisie met dwelmhandelaars betrokke was in die stad se geskiedenis.

Minstens 25 mense is dood in die tweede erg gevaarlike operasies wat deur die polisie onderneem is, en een polisie offisier het omgekom in die woeste skietgeveg. Die ander 24 mense wat omgekom het, was betrokke by die bende se smokkel aktiviteite.