Kapings van voertuie aan toeneem

Voertuig kapings is aan die toeneem, en word toegeskryf aan faktore soos werkloosheid en bende samewerking wat kapings vergemaklik.

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het glo uitgewys dat sy departement strategie uitgewerk het om die euwel te takel wat die afgelope maande skerp toegeneem het.

Spesifieke gebiede is as warm punte geïdentifiseer, en daarop gaan gefokus word wat ondermeer insluit dat groter polisie sigbaarheid deel van die benadering sal wees.

Daar sal ook gefokus word op strukture wat met georganiseerde misdaad die kapings uitvoer op spesifieke punte, en beter kommunikasie met mekaar sal voortaan ook toegepas word.

Tot hede kon die polisie nie daarin slaag om die kaping van voertuie suksesvol hok te slaan nie, en die jongste metode van kapers om ook groot vragmotors met sy kosbare vrag te kaap, is vir die handel en nywerheid ʼn ernstige probleem.