Kaapse Waterfront word vergroot

Die burgemeester van Kaapstad het die week bekend gemaak dat hy die R3,9 miljard uitbreiding aan die Kaapstad Waterfront goedgekeur het.

Die nuwe infrastruktuur ontwikkeling sal glo bydrae om 1,100 nuwe werksgeleenthede te skep gedurende die tyd van oprigting.

Die meer as 10 hektaar wat benut gaan word, omring ook dele van die bestaande Battery Park Ontwikkeling.

Die nuwe deel van die ontwikkeling sal glo goed inskakel met die bestaande deel van die kompleks, en die verwagting is dat dit ʼn groot bydrae sal lewer om toerisme te bevorder in die provinsie.

Kaapstad is daartoe verbind om die terugslag van die pandemie te oorkom deur nuwe projekte aan te pak wat ekonomiese groei sal meebring, is gesê.