Juwelier firma verwerp gedelfde diamante

Jn Juweliers vervaardigings maatskappy in Denemarke het aangekondig dat hy nie langer diamante gaan gebruik wat deur die mynhuise gevind is in hulle myne nie.

Laboratorium vervaardigde diamante sal voortaan gebruik word, en die eerste versameling wat deur Pandora gebruik sal word, sal glo die begin van die hele bedryf se transformasie wees, is gesê.

Die laboratorium vervaardigde diamante is meer bekostigbaar en die voorsiening van voorraad is meer volhoubaar.

Pandora vervaardigers sê diamante is nie net vir altyd nie, maar ook vir almal.

In Suid-Afrika is ʼn wêreldberoemde maatskappy wat ook diamante vervaardig, en die bewering word gemaak dat die diamante foutloos is.

Die vervaardigde diamant is geensins van ʼn swakker gehalte as die wat onder die aarde uitgegrawe word nie, en kenners reken dit is waarskynlik van ʼn beter gehalte.