Joe Biden kry kommunistiese klap

Joe Biden, president van Amerika, het dit waarskynlik te ver geneem om voelers uit te steek vir “normale diplomatieke betrekkinge” tussen die VSA en die kommunistiese Noord-Korea.

Kim Jong Un van Noord-Korea het die gedagte verwerp en gewaarsku dat die VSA ʼn baie gevaarlike situasie in die gesig sal staar.

Die kommunistiese leier sê ook dat Biden se opmerkings om Pyongyang as veiligheidsrisiko te etiketteer, ʼn gevaarlike stelling is.

 Kim sê die VSA is besig om hulleself  op te hemel, maar Noord-Korea verwerp die idees van Joe Biden om gesprek te voer met die VSA.

 Biden het vroeër gesê die VSA is bereid tot gesprek om die twee lande gereed te maak vir diplomatieke bande, wat die verhouding tussen hulle kan verbeter.