Italië kry pizza outomaat

Rome het ʼn splinternuwe outomaat masjien wat die voorbereiding doen vir ʼn volledige pizza wat binne drie minute gereed is vir die kliënt.

Die “Mnr. Go Pizza” masjien bied vier verskillende pizzas aan sy kliente, end it kos €4.50 elk., en die kliënt kan kyk hoe sy pizza binne drie minute gereed gemaak word, vandat die deeg geknie word tot waar die boonste kaas en ander bestanddele bygevoeg word.

Die masjien knie, verwerk en bak (of kook) die pizza, maar die kenners van die tradisionele gereg in Italië het hulle bedenkinge oor die eindresultaat.

Italianers, wat kenners is soos wat Afrikaners kenners is van gebraaide boerewors, sê dit is wel goed en smaak redelik, maar dit is nie ʼn ware pizza nie.

Dit is aanvaarbaar as jy baie haastig is, het ʼn ander een gesê.