Israel sukses teen Hamas

Die aanslag van die terreur groep Hamas wat die afgelope weke honderde missiele afgevuur het om Tel Aviv in chaos te dompel, het geringe sukses getoon.

Vit die eerste keer in die geskiedenis van moderne oorlogvoering het die wêreld kennis geneem van die geheime wapen waarmee Israel homself verdedig het.

Hamas het honderde missiele afgestuur wat veronderstel was om vernietigend te wees, en moes vir die dood en die vernietiging van baie mense en geboue gewees het.

Israel het egter op enkele missiele na, almal in die lug onskadelik gestel met sy geheime afweerstelsels waarvan niemand in die wereld bewus is nie.

Die suksesvolle stelsel, wat met hommeltuie die Hamas missiele onskadelik gemaak het, is waarskynlik die grootste nuus van die aanvalle wat gemaak is.

Sewe Israeliese inwoners is gedood in die gevegte, en alhoewel dit onseker is oor hoeveel honderd missiele teen Israel afgevuur is, weet die wêreld dat sy afweerstelsels by verre die mees doeltreffende is van alle stelsels wat deur groot moondhede ontwikkel is.

Onbevestigde berigte lui dat die Israelse lugaanvalle op die Hamas stellings in die Gaza gebied talle geboue vernietig het en honderde vegters gedood is, waarvan die leier van Hamas een is.

Nagenoeg 2,300 missiele is deur Hamas afgevuur, waarvan minder as 10 hul teiken bereik het, die res is deur die afweerstelsels vernietig.