Israel slaan terug in Gaza

Talle Palestynse burgers waarvan nege kinders is, het omgekom in die Gaza streek toe Israel met vegvliegtuie teruggeslaan het uit weerwraak vir die vuurpyl aanvalle deur Hamas.

Wêreldleiers het ʼn beroep gedoen op beide partye om die aggressie te staak aangesien die huidige stand kan lei tot ʼn uitgebreide oorlog wat vernietigend sal wees.

Die gewelddadige botsings het egter voortgewoed, en Israel het met sy toerusting daarin geslaag om die tientalle vuurpyle en missiele onskadelik te maak met sy lug afweer toerusting.

Israel se polisie het ʼn moskee bestorm , met traangas en rubber koeëls  asook handgranate die Palestynse protesteerders uitmekaar gedryf.

Die paramilitêre Hamas groep wat die Gaza streek beheer, het aanvalle met ʼn paar honderd vuurpyle die hernude konflik begin, wat Israel beantwoord het met vegvliegtuie wat vernietigend losgebars het op teikens van Hamas.

Minstens agt lede van Hamas, waarvan twee senior “bevelvoerders” is, het in die aanvalle gesneuwel, en die Palestynse owerheid in Gaza sê minstens 20 mense het omgekom en sowat 65 het beserings opgedoen.